GENADE

ADHD – Hoe help ek my kind?



ADHD – HOE HELP EK MY KIND?
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 04 Junie 2024 19:00 – 20:45 (SA)

Wanneer ons ADHD verstaan, besef ons dat ons kinders nie stout of hardkoppig is nie. Hulle het hulp nodig.

Om kwaai te wees, pakslae te gee, te gil en te skree, op en af te spring, niks van dit werk nie.

Maar hoe kan ek my kind help om opdragte uit te voer, betyds te wees, emosies te reguleer, om nie eerst te praat van die huiswerk nie!

In hierdie werkswinkel gee Albie Jordaan praktiese raad wat werk:

  • Met huiswerk
  • Om te fokus en te konsentreer
  • Om betyds te wees
  • Opdragte uit te voer
  • Emosies te reguleer
  • Dissipline

Albie Jordaan is bekend daarvoor dat hy ouers help wat effektief wil dissiplineer, sonder pakslae.

As jy jou kind wil help met ADHD om beter te funksioneer, dan is hierdie werkswinkel vir jou.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1350
Aflsagkode: (Die eerste 10 inskrywings kry R500 afslag met afslagkode AD202406)
Datum: 04 Junie 2024 19:00 – 20:45 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 03 Julie 2024


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 03 Julie 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkel kon bywoon nie.

WAT Sê ANDER MENSE

My seuntjie is in 2020 met ADHD gediagnoseer. Iemand het eendag vir my gesê daar is nerens so ‘n goeie FBI / CIA agent soos ‘n Ma wat navorsing doen oor wat die beste is vir haar kind nie. Ek het baie gehad om te leer. Ek moet nog baie leer, tog glo ek dat ek ‘n redelike begrip het van wat ADHD behels.

Albie se ADHD werkswinkel het my voete onder my uitgeslaan.

Die totale eenvoud, tog ingeligte manier waarop hy ADHD verduidelik het my stomgeslaan. Sy algehele verstaan daarvan, sy ongelooflike empatie met ouers van kinders met ADHD en natuurlik daardie kinders self, het my skoon emosioneel gehad. Sy praktiese dog eenvoudige raad gee mens hoop.

Daar is soveel onbegrip rondom die kwessie dat ek wens dat almal na hom kan luister wanneer hy oor ADHD praat. Ek wens dat hy by elke skool sy kennis, begrip en liefde kan gaan deel. Ek weet dan sal die wêreld ‘n mooier, beter plek wees. ‘n Plek waar my kind aanvaar sal word vir wie hy is en waar hy ook gelukkig kan wees.