GENADE

Die Huwelik – Afrikaanse Werkswinkel



DIE HUWELIK
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 04 Januarie 2024 19:00 – 20:30 (SA)

Die Huwelik kan lekker wees, maar dit kan ook die plek wees waar ons baie seerkry. In hierdie werkwinkel/seminaar gesels Albie Jordaan oor:

  • VERSTAAN JOU MAN BETER: Albie verduidelik die impak van hoe ons gedissiplineer was op kommunikasie, ons vermoë om liefde te wys en te ‘connect’. Hy verwys na vrouens wat voel hulle mans praat nie, luister nie, en ‘connect’ nie.
  • VERANDER JOU MAN MET GENADE: Albie verduidelik wat genade is en hoe dit mense emosioneel herstel as hulle dit ontvang. Hy gesels oor hoe jy vir jouself genade kan ontvang om weer vir ander te gee. Daar is niks wat mense so verander soos genade nie. Ons is nie alleen in ons huwelike nie, God wat vol genade is, is met ons.
  • LEER HOE OM TE KOMMUNIKEER DAT JOU MAN NIE MET JOU BAKLEI NIE: Baie keer as vrouens hulle harte deel, beleef hulle mans dat hulle aangeval word en neig om hulleself te verdedig. Deur net die manier waarop jy praat te verander, kan jy met jou man gesels, sonder dat daar ‘n bakleiery uitbreek. Albie verduidelik ‘n eenvoudige manier waarop jy jou emosies, behoeftes en versoeke kan deel.

Hierdie werkswinkel sal sommige mense se huwelik red. Ander wat reeds goeie huwelike beleef, sal ervaar hoe die huwelik meer hemels word wanneer jy mekaar beter verstaan, meer genade gee en effektief kommunikeer. Hoe gouer ‘n mens dit doen, hoe beter vir jouself en jou man.

Hierdie werkswinkel/seminaar is vir vrouens wat graag aan hulle huwelike wil werk..

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Kersfees Prys: R1350
Aflsagkode: Eerste 10 inskrywings kry R1005 afslag, gebruik afslagkode DHW202401)
Datum: 04 Januarie 2024 19:00 – 20:30 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 04 Februarie 2024


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 04 Februarie 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.