GENADE

Dissipline in Skole – Afrikaanse Werkswinkel

MEDIUM: Zoom
TAAL: Afrikaans
PRYS: R375 (R175 met afslagkode tot 31 Januarie)
DATUM: 16 Februarie 2023 19:00 – 20:30 (SA Tydsone)
OPNAME: Beskikbaar vir 30 Dae na Werkswinkel

Onderwys is ‘n roeping, maar wat gebeur as die roeping opgemors word met kinders wat nie luister nie, oorvol programme, ondankbare ouers, binne politiek en stres, omdat daar net te veel werk is?

Hierdie werkswinkel sal jou help om jou stres vlakke te laat val, omdat jy presies sal weet hoe om jou stres te bestuur.

Dit sal jou ook help om kinders beter te verstaan en praktiese raad gee oor hoe gehoorsame kinders te kry, sonder vrees.

In hierdie seminaar gesels Albie Jordaan oor:

  • Dissipline in die klas (groep) – Praktiese raad
  • Hoe om ‘boundaries’ neer te sit vir kinders, sonder straf
  • Hoe om jou stres te verminder, as die druk meer word
  • Die verskil tussen ‘n dissipline en straf ‘mindset’ in ‘n skool – en die verskil wat dit maak in onderwysers en kinders se lewens

Sy klem vir hierdie seminaar is op:
Kinderdissipline en ‘stress management’.

Albie is ‘n Christelike lewens afrigter wat fokus op emosionele intelligensie en kinderdissipline, sonder straf. Vir meer inligting oor hom, kan jy die Discipline with Grace Facebook Page besoek.

Om te registreer vir die werkwinkel, druk op die “Teken Op” knoppie hieronder. Gebruik die afslagkode DIS202302 om te kwalifiseer vir afslagbedrag van R175 tot en met die einde van 31 Januarie 2023

Die werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste om te besigtig vir 30 dae na dit aangebied is vir diegene wat die lewendige werkswinkel gemis het.