GENADE

Dissipline wat Breinontwikkeling, Emosionele Intelligensie en Selfbeeld Bevorder – Afrikaanse Werkswinkel



DISSIPLINE WAT BREINONTWIKKELING, EMOSIONELE INTELLIGENSIEEN SELFBEELD BEVORDER
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 19 Junie 2024 19:00 – 20:45 (SA)

In hierdie seminaar deel Albie 10 strategië wat ALLE ouers moet doen om hulle kinders te help met breinontwikkeling, emosionele intelligensie en selfbeeld, wanneer hulle dissiplineer.

Die strategië is gefokus op tantrums, woede, angs, “power struggles” en alledaagse lewe.

Albie verduidelik ook hoekom breinintegrasie belangrik is by kinders en hoe dit gebeur. Die gevolg is natuurlik vermeerdering in emosionele intelligensie en kinders wat kalmer is.

Hierdie seminaar is vir ouers wat hulle kinders wil help in die areas van:

  • Linker- en Regterbrein integrasie
  • Emosionele Intelligensie
  • Selfbeeld

Albie Jordaan is ‘n bekend vir sy praatjies oor effektiewe kinderdissipline, sonder straf.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1495
Aflsagkode: (Die eerste 10 inskrywings kry R600 afslag met afslagkode BREIN202406)
Datum: 19 Junie 2024 19:00 – 20:45 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 19 Julie 2024


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 19 Julie 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.

WAT Sê ANDER MENSE

Albie Jordaan het ‘n lekker informele manier om moeilike konsepte oor breinontwikkeling tuis te bring by ouers.

Hy leer ouers om kinders te help met die integrasie van emosies en logiese denke, om genesing te bewerkstellig.

Praktiese voorbeelde van wat om met kinders te doen om hulle te help met integrasie, wat sommer ook ouers sal help wat dalk self nie weet hoe dit werk nie.

Hy gee 10 strategieë om te “connect” met jou kind en dissipline toe te pas, sonder pakslae. Dit lei daartoe dat kinders jou vertrou, voel dat hul behoort en leer hul ook empatie vir ander.

Kinders kan op die ou end sê wat hul voel en hoekom hul so voel en die regte boodskappe oordra, wat weer lei tot emosionele intelligensie,

Beslis ‘n baie leersame en interessante praatjie wat ek vir elke ouer met klein en groot kinders sal aanbeveel!!

Hierdie sessie wat deeglik saamgestel is bied n unieke en doeltreffende benadering tot die onwikkeling van emosionel intelligensie en selfbeeld vir n gesonder kleuter/kind.

Die sessie gee insiggewende verkenning van die krag van emosionele intelligensie en hoe om die brein te leer om emosies te beheer en identifiseer.

Albie verduidelik hoe ons brein emosies verwerk en hoe ons dit kan beïnvloed om ‘n beter begrip en beheer oor ons / ons kinders gevoelens te verkry. Daar word ook 10 praktiese wenke gedeel om te help om die proses aan te wakker.

Dit is n inspirerende en opvoedkundige ervaring vir ouers wat op soek is na ‘n beter begrip van hul kinders se emosies en hoe om dit te beheer. Dit is ‘n waardevolle hulpbron vir enige individu wat strewe na ‘n meer vervulde en gebalanseerde lewe.