GENADE

Dissiplineer met Liefde – Afrikaanse Videos

Video Kursus (1 uur en 20 minute)

Raak jy soms mismoedig met jou kinderopvoeding? Hier is ‘tools’ om te dissiplineer sonder pakslae.

Cor Uys van Karoolus en Lente sê: Hierdie is ‘n UITSTEKENDE seminaar! Wens ek het hierdie info gehad toe ek my kindertjies groot gemaak het! Grace based ouerlike opvoeding! Kry dit! Groetnis!

Ontdek:

  • Wat dissipline is
  • Die verskil tussen straf en dissipline
  • Hoe om te dissiplineer sonder pakslae
  • Hoekom pakslae nie rêrig respek leer nie
  • Hoekom jy ‘n dissipline-plan moet hê
  • Hoekom sal kinders lank lewe as hulle hulle ouers eer?
  • Meer oor wat die Bybel rêrig sê oor dissipline
  • ‘Tools’ wat jy kan gebruik om te dissiplineer
  • Hoekom kinders stout en onrespekvol optree
  • Hoekom kinders wat manipuleer ‘n mite is

80% van mense is teleurgesteld dat hulle nie vroeër hierdie inligting gehad het nie.

Om die seminaar te kyk , registreer hieronder deur te druk op die “Teken In”knoppie hieronder.

Mense gee baie keer pakslae omdat hulle nie meer weet wat om te doen nie.  Jy hoef nie van daardie mense te wees nie.  Hierdie kursus is die begin van ‘n groot kopskyf, van straf na dissipline!