GENADE

Dissiplineer Sonder Pakslae – Afrikaanse Werkswinkel



DISSIPLINEER SONDER PAKSLAE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 15 Augustus 2024 19:00 – 20:30 (SA)

Net ouers weet hoe frustrerend dit is, as jou kind nie vir jou luister nie! En jy wil nie lelik wees met jou kind nie, maar hoe dissiplineer jy sonder om pakslae te gee? Hoe kry jy hulle om te luister sonder om te gil en te skree?

In hierdie Zoom werkswinkel van Albie Jordaan, ‘Dissiplineer Sonder Pakslae’, wys hy ouers HOE om te dissiplineer sonder pakslae. As jy effektief wil dissiplineer, maar jy is moeg om te skree en te dreig, dan is hierdie werkswinkel beslis vir jou!

As jy al baie kursusse oor ouerskap gedoen het, gaan jy hierdie werkswinkel geniet. Albie se aanslag is baie anders en uniek, maar logies. Jy gaan alles kan opweeg en begin om dissipline te doen wat sin maak.

Hy sal jou laat voel dat jy suksesvol is in dissipline, omdat jy weet wat jy doen en waarheen jy oppad is.

Albie gesels oor:

  • Die 3 sleutels wat alle kinders gehoorsaam maak (nie pakslae nie)
  • Die 5 beginsels wat jy moet onthou as dit kom by kinderdissipline
  • Hoe om ‘boundaries’ neer te sit, sonder pakslae
  • Hoe om jou kind se emosionele intelligensie te vermeerder
  • Hoe om na jouself te kyk en dit nie te verloor nie
  • Hoekom jy nie bang hoef te wees vir tantrums en meltdowns nie
  • Wat jy moet doen as jou kind ‘moeilik’ is
  • En sommer nog ‘n klomp ander inligting wat ouers MOET WEET oor kinderdissipline.

Albie Jordaan is bekend daarvoor dat hy ouers help wat effektief wil dissiplineer, sonder pakslae.

As jy jou kind wil dissiplineer sonder pakslae, dan is hierdie werkswinkel vir jou.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1700
Aflsagkode: (Die eerste 10 inskrywings kry R1100 afslag met afslagkode DSP202408)
Datum: 15 Augustus 2024 19:00 – 20:30 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 15 September 2024


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 15 September 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.

WAT Sê ANDER MENSE

Die werkswinkel het letterlik die skille van my oë laat afval. Ek sal dit vir elke liewe ouers aanbeveel. As ek vroeër op dit afgekom het sou ek soveel beter keuses kon maak t.o.v my 2 oudstes. Hulle het maar die ‘raw deal’ gekry. Ek kan reeds n hegter band tussen my en die kids sien deur die beginsels net te begin toepas in n maand se tyd. Baie van Albie se statements laat my mond oopval want dis eintlik so logies. Ek kan uiteindelik met n geruste hart dissiplineer omdat ek dit nou met training in mind doen en nie om te straf nie. My moederhart wou altyd, maar mens is so ‘conditioned’ deur generasies. Dankie dankie dat God jou kan gebruik om gesinne en verhoudings te kan herstel.