Vir ouers wat kalm en liefdevol wil bly, ten spyte van druk en die ‘rat race’.

Soms verloor ons dit, want die druk raak te veel. Dinge moet gebeur en die dag staan nie stil nie.

As jy begeer om kalm en liefdevol te wees, ten spyte van druk en die ‘rat race’, dan is Albie Jordaan se fokusgroepe vir jou! Die fokusgroepe is ‘n ‘life coaching’ program vir ouers wat fokus daarop om:

  1. Emosionele intelligensie te verhoog
  2. Stres te verminder
  3. Geestelike verdieping te bring

Meer oor die fokusgroepe

Ons skep stres wanneer ons emosies onderdruk en nie weet wat om daarmee te doen nie. Jy behoort die stres wat jy skep, in jou lyf te voel. Later kan dit ook omsit in angs en depressie. Die program sal jou leer wat om met die emosies te doen, sodat jy dit nie onderdruk nie. Die gevolg is dat ons kalmer en gelukkiger voel.

Die program fokus ook om emosionele intelligensie te vermeerder, want dit maak dat ons meer ‘connected’ voel met onsself, effektief kommunikeer en ander beter verstaan.

Deel van die program is om geestelik te verdiep. Dit beteken dat ons leer om vanuit die gees van krag, liefde en selfbeheersing te leef, wat die Skrif sê, elke Christen het.

Jy kan enige tyd begin, want die verandering kom, omdat jy die oefening gereeld doen en nie net omdat jy iets nuut geleer het nie.

Wat gebeur in ‘n sessie?

Elke Dinsdag 10:00 – 10:15 deel Albie Jordaan waarhede, oefeninge en aanmoediging wat jou sal help minder te stres, jou emosionele intelligensie te vermeerder en vanuit die gees van krag, liefde en selfbeheersing te leef.

Wat maak hierdie program uniek?

Hierdie program fokus nie net op emosionele intelligensie nie, maar neem jou verder.

Wanneer ons werk met emosionele inteliigensie, werk ons met die emosies wat ons skep met ons denke. Tog is daar ander emosies wat nie deur ons denke beinvloed word nie, maar wat van binne kom.  

Die Bybel noem dit vrug van die Gees en dit is emosies soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid ens. Sonder om hier te gaan, sal jy nooit die volle prentjie kan kry van emosionele intelligensie nie. 

Vir wie is hierdie program?

Dit is vir ouers wat ‘n voorbeeld wil wees vir hulle kinders van iemand wat selfs onder baie druk, steeds kalm en liefdevol bly. 

Hoekom is dit in ‘n groep?

Wanneer Albie mense individueel sien, is die hoeveelheid mense wat hy help, beperk. Dis hoekom ons hierdie in ‘n groep doen.

Jy kan dit kyk sonder dat jy hoef te praat of selfs jou gesig te wys. Die opname is ook beskikbaar vir twee weke.

As jy Albie Jordaan persoonlik wil sien, kan jy altyd die kantoor kontak vir sy dagboek, maar vir die meeste mense sal hierdie sessies genoeg wees. Dis kort, kragtig en gefokus.  

Elke sessie is baie prakties. Dit beteken dat jy ‘n notaboek of joernaal sal moet hê om al jou gedagtes en ervarings neer te skryf. 

As jy voel hierdie is vir jou, registreer aan die onderkant van die bladsy. Ons sal vir jou ‘n Zoom skakel e-pos en dan sien ek jou Dinsdag! 

HIERDIE KAN JOU WOORDE WEES:

  • ‘n Mens lees dat jy ‘n gees van krag, liefde en selfbeheersing het, maar dis anders as jy dit voel.
  • ‘n Mens besef nie dat jy self stres skep nie. Ek het altyd gedog dit gebeur met my.
  • Ek is baie meer bewus van dinge waarvoor ek dankbaar is. ‘n Mens vergeet om dit raak te sien en te geniet!
  • Hierdie is praktiese Christenskap op sy beste!
  • Wat my lewe die meeste verander het is Albie se verduidelikings van hoe stres werk.
  • Ek voel meer in beheer, omdat ek beter verstaan hoe om my gedagtes en emosies te gebruik.
  • Ek kan weer asemhaal. ‘n Mens weet nie wat om te doen met al jou gedagtes en emosies nie. Dit het my baie keer uit beheer en magteloos laat voel. Ek voel of ek weer beheer terug gekry het oor my lewe.
  • Niemand leer jou dié goed as jy jonk is nie. Dat ek nou op my oudag moet leer.
  • Dis baie prakties. Jy oefen in die sessies.
  • My kwaliteit van lewe het verander. Ek dink ek geniet my lewe meer, want my brein het geleer om weer te voel.
  • Ek het nou my eie lewensafrigter! Vreemd, hoe dit jou veiliger laat voel.

Tye:
Dinsdae 10:00 – 10:15 am

Opname beskikbaar vir twee weke.

Kostes:
R49 per maand.
Jy kan enige tyd kanselleer as jy nie meer deel van die groep wil wees nie.

Registrasie:
As jy wil deel wees van die fokusgroepe, volg hierdie skakel om te registreer. Ons sien uit daarna dat jy deel word van die groep!