GENADE

Jou Dissipline-plan – Afrikaanse Werkswinkel



JOU DISSIPLINE-PLAN
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 11 Januarie 2024 19:00 – 20:30 (SA)

Het jy ‘n straf plan of het jy ‘n dissipline-plan? ‘n Strafplan vertel jou wanneer jy ‘n kind moet straf en hoe jy moet straf. ‘n Dissipline-plan vertel jou wat jy alles vir jou kind wil leer in die 18 jaar wat hulle in jou huis is.

Sommige mense het nie enige plan nie, hulle beweeg maar met wat ander sê of wat in die oomblik gebeur. Die oomblik wanneer jy besef dat dissipline beteken nie straf nie, maar ‘training’, besef jy daar is baie werk wat voorlê.

In hierdie werkswinkel/seminaar help Albie Jordaan jou om jou dissipline-plan op te stel. Hy gee praktiese raad en wenke oor hoe jy dit vir die kind kan leer. Hy gesels ook oor wat jy vir ‘n kind kan leer op sekere ouderdomme en wat jy nie vir hulle kan leer nie.

Hierdie is ‘n werkwinkel/seminaar wat alle ouers kan help om kinderdissipline as sinvol en ‘n groot avontuur te sien. Dit is baie lekker om te sien dat jou kind bemeester het, wat jy vir hulle geleer het. Jy is besig om jou kind voor te berei vir die volwasse wêreld en hierdie inligting sal jou gefokus hou in goeie en moeilike tye.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1200
Aflsagkode: Eerste 10 inskrywings kry R800 afslag, gebruik afslagkode JDP202401)
Datum: 11 Januarie 2024 19:00 – 20:30 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 11 Februarie 2024


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 11 Februarie 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.