GENADE

Tantrums – Afrikaanse Werkswinkel



TANTRUMS WERKSWINKEL
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 23 November 2023 19:00 – 20:30 (SA)

Tantrums is normaal vir kinders, maar gee vir baie ouers ‘n groot kopseer. Hoekom doen kinders dit? Is hulle stout? Wil hulle net doen wat hulle wil doen? Wat moet jy maak as ‘n ouer?

Moet jy dit ignoreer of ‘n groot pakslae gee? Albie Jordaan verduidelik hoekom jy nie een van die twee moet doen nie. Hy gesels ook oor wat jy eintlik moet doen as jy tantrums vir jou wil laat werk.

Gebruik tantrums om jou kind te ‘connect’ en sy/haar emosionele intelligensie te vermeerder. Mense gee baie keer pakslae omdat hulle nie meer weet wat om te doen nie. Jy hoef nie van daardie mense te wees nie. Woon hierdie werkwinkel by en hanteer tantrums op ‘n beter manier.

Albie Jordaan is bekend daarvoor dat hy ouers help wat effektief wil dissiplineer, sonder pakslae. In hierdie werkswinkel sal hy vir jou wys hoe om ‘tantrums’ effektief te hanteer, sonder om dit te verloor of pakslae te gee.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1250
Datum: 23 November 2023 19:00 – 20:30 (SA)
Opnames: Beskikbaar tot 23 Desember 2023


Die opgeneemde werkswinkels sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 23 Desember 2023 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.