GENADE

Woorde Wat Werk Vir Kinderdissipline – Afrikaanse Werkswinkel



WOORDE WAT WERK VIR KINDERDISSIPLINE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Datum: 22 Augustus 2024 19:00 – 20:30 (SA)

Ondek die Krag van Woorde: Ontdek hoe om jou woorde te gebuik sodat jou kind luister wanneer jy praat!
Is jy moeg daarvan om te ‘nag’ of te moet gil om jou kind gehoorsaam te kry? Wens jy daar was ‘n beter manier om met ‘n kind te ‘connect’, gedrag te verander of om jou kind te laat luister? Jy hoef nie verder te soek nie! In hierdie seminaar verduidelik Albie Jordaan hoe jy woorde en sinne moet gebruik, sodat jou kind vir jou luister. Jy sal verbaas wees hoe die atmosfeer in jou huis verander, as jy die manier wat jy praat verander.

SEMINAAR HOOGTEPUNTE:

Ontdek die Krag van Woorde:
Ontdek watter woorde jy moet gebruik as jy jou kind wil beweeg om te doen wat jy vra. Bevorder sommer in dieselfde tyd jou kind se emosionele intelligensie, probleem-oplossingsvaardighede en selfstandigheid.

Effektiewe Kommunikasie:
Albie Jordaan deel 5 beginsels wat jy moet gebruik om jou kommunikasie te fokus, sodat dit werk. Hierdie beginsels dien as die grondslag vir die skep van volhoubare verandering in gedrag.

Bemeester die “Praat Net Een Keer” Tegniek:
Een van die kragtigste tegnieke wat jy sal leer, is die “Praat Net Een Keer” tegniek. Albie Jordaan sal die ses eenvoudige maar uiters doeltreffende stappe deel om te verseker dat jou kind leer om die eerste keer te luister en te reageer wanneer jy praat. Hierdie tegniek kan toegepas word op verskeie aspekte van ouerskap. In die seminaar pas hy dit toe op:

  • Gereedmaak in die oggend: Groet die oggendstryd.
  • Eetentye: Verander etenstye in aangename familietyd.
  • Boeties en sussies wat baklei: Weet wat om te doen en wat om nie te doen nie.
  • ‘Screen time’: Hanteer ‘screen time’ sonder dat die huis se dak afgeskree word.
  • Huiswerk (skool): Maak huiswerk produktief en stresvry.
  • Slaaptyd: Beleef ‘n rustige slaaptydroetine.

Hoekom woon mense hierdie seminaar by?

  • Verkry waardevolle oor doeltreffende kommunikasietegnieke.
  • Versterk jou ouer-kind-’connection’ deur positiewe interaksies.
  • Vervang straf en skreeu met liefdevolle leiding.
  • Skep ‘n vreedsame en samewerkende huisomgewing.
  • Rus jouself toe met ‘tools’ om algemene ouerskapsuitdagings aan te spreek.

Moenie hierdie geleentheid om van Albie Jordaan te leer en jou kinderdissipline makliker te maak, misloop nie. Sluit by ons aan vir ‘n onvergeetlike seminaar. Die seminaar sal jou toerus met kennis hoe om jou woorde en sinne te gebruik sodat jou kind vir jou luister.

WERKSWINKEL INFORMASIE
Medium: Zoom
Taal: Afrikaans
Prys: R1350 (Die eerste 10 inskrywings kry R750 afslag met afslagkode WRDE202408)
Datum: 22 Augustus 2024 19:00 – 20:30 (SA)
Opname: Beskikbaar tot 22 September 2024

Verseker vandag nog jou plek, want plekke is beperk! Belê in jou kind se toekoms en jou eie gemoedsrus deur nou te registreer.

Vir navrae, whatsapp ons by 067 896 0189. Ons kan nie wag om jou by hierdie lewensveranderende seminaar te sien nie!


Die opgeneemde werkswinkel sal beskikbaar wees op ons webtuiste tot 22 September 2024 vir diegene wat nie die lewendige werkswinkels kon bywoon nie.